DIE GEMEENTE SE GESKIEDENIS
Beginjare
Die dorp Warrenton het ontstaan op die westelike gedeelte van die plaas Grasbult. Die dorp is vernoem na sir Charles Warren – ’n landmeter van Britse afkoms wat in 1876 na die Kaap gestuur is om te help as arbiter in die grensgeskil tussen die Oranje-Vrystaat en Griekwaland-Wes. Deur sy bemiddeling is die grens so bepaal dat twee plase van Vrystaatse offisiere binne die grense van die Vrystaat geval het. As gevolg van hierdie guns, asook ter ere van sy leierskap in militêre operasies, is die dorp na hom vernoem.
Voor die anneksasie van Griekwaland-Wes in 1880 is die gebied deur die gemeente van Boshof in die Vrystaat bedien, maar na die anneksasie van die diamantvelde is hierdie gedeelte ook by die Kaapkolonie ingelyf en moes dit onder die gemeente Dutoitspan (Kimberley) ressorteer. Hierdie anneksasie het ontevredenheid veroorsaak omdat die lidmate van Warrenton nou afgesny is van hulle gemeente (Boshof). Sommige was bereid om oor te gaan na Dutoitspan, terwyl ander weer aan Boshof vasgehou het. As noodmaatreël is toegelaat dat die lidmate hulle kerklike voorregte kon geniet waar hulle wou, in Boshof of in Dutoitspan. Dit was egter ’n ongesonde toestand vir die eenheid van die lidmate op Warrenton, omdat dit die lidmate in twee kampe kon verdeel, daarom is ernstige stappe gedoen vir gemeentestigting.
Daar is verskil van mening of die gemeente op 9 September 1882 gestig is, maar met sekerheid kan gesê word die eerste kerkraad op die dag voorgestel is. ’n Jaar tevore het ds. AP Kriel van Dutoitspan op uitnodiging oorgekom en ’n diens op die plaas Doornfontein, nie ver van die dorp, gehou. By die geleentheid versoek die dorpskomitee skriftelik dat ’n afsonderlike gemeente gestig moet word. ’n Paar dae later word op ’n openbare vergadering ’n eenparige besluit geneem om ’n gemeente te stig. Die ringskommissie van Colesberg vergader op 10 Desember 1881 om uitvoering te gee aan die opdrag van die ring wat op 10 Oktober 1881 geneem is. Om sake te bespoedig, is gepoog om die aandele van die aandeelhouers van die dorp te bekom. Dít het nie so maklik en glad verloop nie. Die kerkraad het die meent bekom en nadat die kerkraad aangestel is, is stappe gedoen om geld in te samel vir ’n kerkgebou.
Reeds by die eerste gemeentevergadering is besluit om ’n “skoolkerk” op te rig. Op 28 Februarie 1883 is ’n voorstel aanvaar dat bokseile aangekoop moes word om daarmee ’n tydelike gebou vir aanbidding op te rig. Op 16 April 1885 is die gebou aan die kerkraad oorhandig. Die gebou het ±£96 pond gekos en is op 30 Mei 1883 betrek. Hierdie gebou, die Seilkerk genoem, sou vir twee jaar sy doel kon dien, voordat ook hy te klein geword het.
Hierna word die “Noodkerk” beplan wat nie op die kerkplein opgerig is nie, maar regoor die vooraansig van die huidige kerkgebou. Die kerkplein is oopgehou vir die dag wanneer die gemeente genoeg geld sou hê vir ’n ordentlike kerkgebou. Die noodkerk is op 18 April 1885 in gebruik geneem, dieselfde dag wat die gemeente sy eerste leraar ontvang het. Die eerste leraar, ds. J Hofmeyr is op 18 April 1885 bevestig. Hy is op 31 Oktober 1891 opgevolg deur ds. PJ Perold.
Op 5 Desember 1892 het die kerkraad met die dorpsbestuur ’n kontrak gesluit waardeur die bestuur van die dorp aan hulle oorgedra is. Dié voorwaarde was dat “aan de Kerkeraad zeker deel van de diamantlicentie gelden en van andere inkomsten zou toebehoren”.
Tydens ds. Perold se bediening is ook ’n doelmatige pastorie gebou wat op 12 November 1895 voltooi is.
Warrenton het tot 1898 onder die ring van Colesberg geval, maar in 1898 is hy ingedeel by die nuwe ring van Hoopstad.
Ds. JS van Blerk het ds. Perold op 10 Junie 1904 opgevolg. Tydens sy bediening is “een net en geriefelike CJV Zaal” opgerig.
“Deze kleine gemeente, die onder haar ledental verscheidene mingegoede mensen telt, vooral aan de diamant delverijen dekt gemakkelik de lopende uitgaven en draagt zelfs heelwat bij tot de uitbreiding van Gods Koninkrijk en voor milddadige doeleinden”.
In 1937 het daar op Warrenton iets groots gebeur! Te midde van ’n knellende depressie oor die hele land, kon die gemeente sy lang gekoesterde ideaal vervul van ’n doelmatige kerkgebou op die so lank reeds bewaarde kerkplein. Die nuwe kerk se hoeksteen is op 30 Mei 1936 gelê en is op 20 April 1937 ingewy. Terwyl Warrenton se kerkbou aan die gang was, het sy voormalige buitepos Windsorton, wat toe nog onder Barkly-Wes geval het, ook ’n nuwe kerkgebou opgerig. Dit is op Saterdag 16 Februarie 1935 in gebruik geneem.